Dendrocygna bicolor Fulvous Whistling Duck Fluiteend
Modimolle, Feb 2015
Ongereëlde besoeker. Seldsaam, enkel of klein groepies voëls van tyd tot tyd waargeneem op plaasdamme. In 5% van die pentads waargeneem. Geen bewys dat hulle in hierdie area broei nie, maar in goeie reënseisoene broei hulle in groot getalle in die nabygeleë vloedvlakte van die Nylrivier.